Skip to main content

n Kykie op eilandlewe: tv-antenna-man kom kyk na my tv wat nie wil werk nie.

Hy skud sy kop vervaard: ”No, no wrong antenna, wrong cable, wrong everything”.

Ek: “Oh, now what do you suggest?”

“Madam I don’t know, everything kaput. I cannot help you, I have NO time! Everybody wait till season time, why you did not call in winter? “

Ek verduidelik mooi op basiese Engels dat ek nie in die winter hier was nie en dat ek net nou hier is vir paar weke. Trek my skouers moedeloos op en beskuldig sommer my arme man vir die powere vorige antenna-joppie. Dit werk soos ‘n bom, want hy voel baie beter en skud sy kop met ‘n sjtk-sjtk.

TV man: Maybe I can help but I have lot of jobs, you have to wait long time”.

Ek weereens moedeloos en sit my mees verlore gesig op.

TV man: “I will see what I can do, but very busy, you have big problem. I cannot do this in so short time. I do not have big ladder and I do not have time!”

Ek probeer my geluk “push”: “Will you be able to fix everything before end of June?”

TV man:” Oh no, how do you want me to do such big job in such short time. (gooi sy hande in die lug en skud sy kop) Hmmm, I will see, maybe tomorrow I will come to fix, yes I think tomorrow is fine.”

Hoofstuk 2

Wel TV man daag nie op soos beloof die volgende dag. Ek sit heeldag gekluister aan stoel en wag, maar niks gebeur.

Laatmiddag gaan koop ek vrugte by die vrugtemark en daar sit Mnr TV langbeen op die Ploce Cafe/Bar se stoep. Ek gooi hande in die lug ( mooi geleer om net so dramaties te wees ). “Where were you Niksa, I waited all day!”

TV man: ” Oh I have big problem with my children!”

Ek vra erg bekommerd uit, maar kom nie regtig by die oorsaak van die “problem” uit nie. Hy spring sommer dadelik op en se hy wil net gou iets gaan kyk by my tv. Wel hier sluit niemand hul deure nie, so ek stuur hom voort terwyl ek gaan waatlemoen, vars kersies en lekker ryp vye koop.

Hy wag my in by die huis en se die antenna wat ek het is “kaput and no good”. Maar het hy dit dan nie twee dae terug reeds gese nie? Ek bly maar geduldig – is “after all” die verlee een.

Nee, die nuwe reeling is dat hy more-oggend om 8uur by my sal wees met nuwe antenna, nuwe “cables – we need lots” en ‘n leer wat drie verdiepings hoog kan klim.

Wraggies om 8h45 daag TV man met leer, boor en ‘n reuse rol elektriese “cable” op. Ek skarrel nog in my pajamas rond, maar gou help ek plan maak in die straat – selfs die leer op in my Woolies nighties – alles in die naam van tv vrede.

Volgende verdoemende uitslag: ” Roof is finished, no place for antenna”. Hy skud sy kop, vee die sweet af en gee lang suig aan sy sigaret op my kombuisdeurtrappie. Ek is nou werklik bekommerd. Bedoel die man my dak is aan die inmekaarval of wat? Probeer vasstel waar die dak-probleem is, maar hy ignoreer die vraag ook en gaan loop eers ‘n draai by die bure se tuin. Ek sit en wag maar geduldig dat hy moet terugkom en gooi solank vir hom yskaswater in ‘n glas. As hy terug is vra ek weer wat fout is met my antenna, maar hy hou net by die verdoemende antwoord “roof is finished – kaput”.

My voorstel is dat ons die antenna op die buurman se kantmuur (wat gelukkig in Sarajevo is) wat nog hoer as my dak is vassit. Hy stem skielik hiermee saam, maar se die “cable will be hanging down street and into your kitchen”. Nee, nee, nee ek wil nie ‘n “cable” hê wat van die straat af gesien kan word nie. Die strate is oor die 500 jaar oud en ‘n mens ontsier hulle nie nie met elektriese drade en antennas nie! (my antwoord).

TV man sit sommer sy goed neer en kyk my halfskeel aan. Ek skrik so groot, want kan sien hy is besig “to down tools” en my tv is nog steeds net sneeuvlokkies in die somer!

Ek doen sommer ‘n 180 degree en se: “Niksa, you are expert, you do what is best for tv and I have full confidence in you”. Hy het helfte nie verstaan nie, maar beaam die “expert” gedeelte met ‘n verduideliking dat hy al 25 jaar lank tv’s fix.

Op hierdie hoogtepunt besluit ek om te gaan stort en se so vir hom, maar hy is nie so seker daarvan nie, want hy se hy het my “opinion” nodig (dit nou vir ‘n man wat nog alles wat ek gesê het afgeskiet het met minagting). Ek belowe om gou te maak en as ek weer onder in die kombuis kom is die elektriese koord deur ‘n ou skoorsteen aan die kant van die huisie getrek en die tv blêr dat bure verskrik na buite loer. Alles werk en tv man illustreer sy handewerk vir 25 minute lank in detail. Die beste van alles is dat geen antenna of “cables” te sien is van die straat se kant af nie. Die koste van die hele verhaal: 600 Kuna.

Laatmiddag gaan koop ek wyn by my bure Louis en Natascha en sy vra dadelik hoeveel Niksa gevra het vir sy joppie. Ek sê die prys en sy verstik amper in haar glasie prosek. Blykbaar is die gewone prys vir hierdie tipe werkie 350 Kuna.

Wel, die positiewe einde van die verhaal is dat ek daardie aand 11 kanale het om van te kies – almal Kroaties.

Leave a Reply