‘n Paar jaar gelede moes ek ernstig besin oor my nalatenskap vir my seun. Daar is ma’s wat hul Sondagtafels laat kreun van die smulgeregte en voorvat by basaars en skoolgeleenthede. Wel, ek is nie een van hulle nie.
As iemand siek word in ons huis moet ek dringend apteek toe jaag. Geen noodhulpkassie met Panados en verbande op ons werf nie. Onverwagse gaste veroorsaak dieselfde krisistog Woollies toe. Houers vol noodlekkernye is nie deel van my portefeulje nie.

